Msinga 2018 – terugvoer

#madatmsinga – terugvoer So 20 Jul tydens al 3 Eredienste. Bring asb enige uitstaande Pepsi-blikke terug kantoor toe. Baie dankie vir ieder-en-elk sy bydraes en gebede.      

Stranddiensaansoeke is oop!!!

Ons is ‘n groep jongmense wat Jesus se liefde uitleef, deur verhoudigs te bou met vakansiegangers en omliggende inwoners van Heroldsbaai. Ons verkondig die evangelie deur sang,  dans, speel en dienste. Ons program sluit in ‘n oggendprogram met poppekas,  middagprogram met strandspele en verskeidenheid aandprogramme vir die hele gesin. Die stranddiens span doen ook elke…

Huwelikseminaar So 19 – Di 21 Aug

Hierdie jaar se huwelikseminaar word aangebied deur VitaAmp huwelike en Rudolph en Sanet Grobler is die sprekers. Dit vind plaas vanaf 19 tot 21 Augustus. In die huwelik is man en vrou ’n eenheid: fisies, emosioneel en geestelik. Maar soms is dit moeilik om prakties hierdie eenheid uit te leef! Die reeks sal jou help…

#ignite tienerbediening-KAMP!

#ignite vir tieners (van Gr 8-11) 09:30. Kom sluit gerus aan – kontak Suzette Luwes 082 961 2004.   #Ignite-kamp!!! Waar: Heroldsbaai Jeugoord Wanneer: 3-4 Augustus 2018 Tyd: Vrydag 16:00 – Saterdag 11:00 Koste: R80 Inskrywingsvorms vir die kamo  Kampvorms beskikbaar by Suzette, by die kerkkantoor of laai hier af: Ignite kamp 2018_   Sien weeklikse…

Bergsig Nuus 2018

Lees gerus oor  aktiwiteite van ons Gemeente: Bergsig Nuus 2018 – PDF

Uitreik na ons gemeenskap 22 April

Ons  het saam as gemeente uitgereik na ons plaaslike gemeenskap. Lees gerus ons Bergsig Nuus vir terugvoer.     Plek / Aksie Wat gaan ons doen Koördineerder Bymekaarkom-plek by kerk Groenkloof siekeboeg Besoek en bemoedig die ouer mense – deel kaartjies en muffins uit.  Kontak Nora as jy kan help met voorbereidings. Nora de Wit…

CREMHOG- hawelose projek

Cremhog beplan om hul deure Junie/ Julie 2018 oop te maak. Cremhog beplan om gedurende die winter hul deure oop te maak onderhewig aan Munisipale prosesse. Met hierdie projek word die dorp vry van haweloses gehou deur vir hulle veilige huisvesting te skep. Getal persone wat gehuisves kan word 36 en 36 per fase vir…

HERNUWING VAN GGO’s

Jy het steeds ‘n geleentheid om jou Geloofsgelofte-offers te hernu – of om vir die eerste keer ‘n GGO te maak. Aantal kaartjies (response) reeds ontvang 88 Bedrag ontvang: R478 590 Het jy die Here al onvoorwaardelik vertrou vir iets wat jy weet die dieptepunt van sy wil verteenwoordig: die dra van die Goeie Nuus…

SENIOR TEE @ Redberry aarbeiplaas

Ons eerste Seniorlidmaat tee het plaasgevind by die Redberry aarbeiplaas op Dinsdag 13 Maart. Daar is heerlik gekuier en behoorlik gesmul aan hul skons met aarbeikonfyt- en room. Baie dankie aan Johan Ferreira en Martie van Staden vir die bespreking- en vervoerreëlings van hierdie uitstappie.