CREMHOG- hawelose projek

Categories: Nuus

Cremhog beplan om hul deure Junie/ Julie 2018 oop te maak.

Cremhog beplan om gedurende die winter hul deure oop te maak onderhewig aan Munisipale prosesse. Met hierdie projek word die dorp vry van haweloses gehou deur vir hulle veilige huisvesting te skep. Getal persone wat gehuisves kan word 36 en 36 per fase vir rehabilitasie.

Hulle is afhanklik van donasies t.o.v klerasie, beddegoed, beddens, eetgerei, potte, panne en elektriese toestelle in goeie werkende toestand. Hul benodig ook tuingereedskap, groentesaad, materiaal en wol wat aangewend kan word om ‘n vaardigheid aan te leer en ‘n inkomste te genereer. Kontak asb vir André Olivier (082 551 8900) vir meer inligting.

 

Sopkombuis

Cremhog

CREMHOC Broshure.PDF