Huwelikseminaar So 19 – Di 21 Aug

Categories: Nuus

Hierdie jaar se huwelikseminaar word aangebied deur VitaAmp huwelike en Rudolph en Sanet Grobler is die sprekers. Dit vind plaas vanaf 19 tot 21 Augustus.

KINDEROPPASDIENS beskikbaar in die Jeuglokaal.

In die huwelik is man en vrou ’n eenheid: fisies, emosioneel en geestelik.

Maar soms is dit moeilik om prakties hierdie eenheid uit te leef!

Die reeks sal jou help om beter jou maat se behoeftes te verstaan en te vervul.

Op hierdie manier sal daar dieper intimiteit en meer passie in julle verhouding wees op al die vlakke van eenheid:

  • Gesig-tot-gesig: Hoe om beter te kommunikeer en bewondering vir mekaar te toon.
  • Lyf-teen-lyf: Beleef meer seksuele vervulling en teerheid.
  • Sy-aan-sy: Hoe om die lewe saam te geniet en in julle geloofslewe saam te groei.

Moenie uitmis op hierdie geleentheid nie!”

 

 

Sondag 19 Augustus 08:30 en 10:00 “Gemaak om een te wees”

Sondag 19 Augustus 18:00 “Gesig-tot-gesig”

Maandag 20 Augustus 18:00 “Lyf-teen-lyf”

Dinsdag 21 Augustus 18:00 “Sy-aan-Sy”