OOM KAROOLUS & LENTE

Categories: Nuus

Sondag 28 Jan en Maandag 29 Jan het die gewilde paar Bergsig besoek. Soos elke jaar was die gehoor betower en oud en jonk het heerlik die ou, gewilde liedere saamgesing. Veral die voorskoolkinders het die optrede terdeë geniet.

Loer gerus na al die foto’s en video’s hier onder:

 

 

OOM KAROOLUS EN LENTE SE CV

Maranataland sang en kinderbediening

Die Bediening self:

Ons is die afgelope vyf-en-twintig jaar betrokke by kinderbediening en staan bekend as MARANATALAND KINDERBEDIENING, met Oom Karoolus en Lente. Ons radiopragramme oa MARANATALAND (Christelike radiostasies) word gereeld uitgesaai. Ons bedien by geleenthede en plekke soos: kleuterskole, skole, gemeentes, jeugweke, ATKV (Christus Saamtrekke), kunstefeeste, ens. Elf produksies is op ons kerfstok en ons is die afgelope sestien jaar by Brettian Platemaatskappy.

Die Optredes behels:

Die program wat gewoonlik ‘n uur beloop, bestaan uit ‘n groot gedeelte saamsing en saamdoen. Die woorde van die liedjies is eenvoudig en op die Woord gebasseer. Kinders oud en jonk leer dit vinnig gedurende die optrede aan. Oom Karoolus hanteer gewoonlik die gedeelte. Saam met Lente (dogtertjiepop van 5 jaar) word een of ander storie of insident vertel wat ons herinner aan iets wat in die Bybel staan. Op ‘n praktiese manier word ‘n skrifgedeelte aan die kinders op hierdie manier verduidelik. Die program is gemik op al die kinders, jonk en oud, (gestryk en ongestryk). Dit is dus ‘n aanbieding wat gemik is op die hele gesin.