GROOT MiKiTi basaar 3 Maart 08:00

Wat ‘n heerlike kuier dag was dit nie! BAIE DANKIE! aan Lindie, al die konvenors, ons kerkkantoorpersoneel en lidmate vir julle harde werk en bydraes met die Basaar.  

Alpha

Die doel van die lewe is….. Waaroor gaan dit? Die Alpha Kursus is ‘n praktiese bekendstelling aan die Christelike geloof en gebaseer op “Die Soeke na Waarheid” deur Nicky Gumbel. Dit word reeds vir amper 30 jaar lank reg oor die wêreld aangebied. Die Alpha-kursus word vanaf 13 Feb tot 29 Mei op Dinsdagaande 18:30…

OOM KAROOLUS & LENTE

Sondag 28 Jan en Maandag 29 Jan het die gewilde paar Bergsig besoek. Soos elke jaar was die gehoor betower en oud en jonk het heerlik die ou, gewilde liedere saamgesing. Veral die voorskoolkinders het die optrede terdeë geniet. Loer gerus na al die foto’s en video’s hier onder:     OOM KAROOLUS EN LENTE…

Waarom ‘n testament?

‘n Testament … is ‘n voorreg, … gee gemoedsrus, … is jou voorsorg vir diegene vir wie jy omgee, … maak voorsiening vir werk van ewigheidswaarde,   Testament -PDF   Voordele van ‘n bemaking aan George-Bergsig Gemeente: Deur ‘n bemaking in jou testament aan die NG Gemeente George-Bergsig (of die Gemeente se Wêreldsendingfonds) maak jy…

REFORMASIE 500

Oktober 2017 is die 500jarige  herdenking van die begin van die Hervorming. Al die dienste van Oktobermaand dek een aspek van die Hervorming. Beginsels van die Reformasie So 1 Okt: Sola Gratia Slegs die genade Geen daad van die mens verdien enige guns of gawe van God nie – en beslis nie verlossings nie. Omdat…

Braam Klopper – boeke en CD’s beskikbaar

Braam Klopper is ‘n Pastorale Terapeut wat spesialiseer in die rouproses en in die bystaan en vertroosting van diegene wat rou. Sy aanbiedings en boeke en CD’s is altyd gemik op twee teikengroepe. 1. Diegene wat self in die rouproses verkeer en 2. Diegene wat ander sinvol wil bystaan. Hy bied landwyd seminare aan oor…

Opwindende veranderinge by Bergsig

Geagte gemeentelid By Maandag 18 September se kerkraadsvergadering het die kerkraad ’n paar belangrike en opwindende besluite geneem. Opwindende veranderinge by Bergsig PDF Eerstens is daar besluit dat ds. Rudolph Grobler, op sy versoek, vanaf 1 Januarie in ’n tentmakerpos aangestel sal word. ’n Tentmakerpos behels dat ’n predikant deeltyds vir ’n gemeente werk en…

DANKBAARHEIDSOFFER – 2017

Vanweë die feit dat ons vanjaar met ’n tekort van R401 000 op ons begroting werk, het die kerkraad besluit om met ’n buitengewone poging om hierdie tekort uit te wis.  Daar is besluit om dit met ’n “rooikoevert” projek – gekoppel aan ons “dankbaarheidsmaand” – te doen. Tradisioneel was Oktober / November die maand waartydens…

Die Bybel genees!

Hier is nuus van ’n lekker projek waaraan gemeentes, jeug- of ander groepe dalk wil deelneem. Die Bybelgenootskap van SA (BSA) se pillehouerprojek wil dit vir mense maklik maak om ‘n Bybel te borg. Om een Bybel te borg, kos R50. Die botteltjie neem R90 se muntstukke, dus amper twee Bybels met een pillehouertjie! “Wanneer…