Uitreik na ons gemeenskap 22 April

Categories: Nuus

Ons  het saam as gemeente uitgereik na ons plaaslike gemeenskap.

Lees gerus ons Bergsig Nuus vir terugvoer.

 

 

Plek / Aksie Wat gaan ons doen Koördineerder Bymekaarkom-plek by kerk
Groenkloof siekeboeg Besoek en bemoedig die ouer mense – deel kaartjies en muffins uit.  Kontak Nora as jy kan help met voorbereidings. Nora de Wit

082 375 3060

Voor die hek van die “Tuin van Herinnering”
Emmers van Hoop – Proteapark Reik met Emmers van Hoop uit na die informele behuising van Proteapark en bedien hul met ‘n Emmer van Hoop.

Voer gesprekke en bou verhoudings

Charl du  Plessis

083 286 3291

Parkeerterrein – by ingang van Kategeselokale
Onbereikte groep Gebeds-uitreik saam met Paul na ‘n onbereikte buitelandse groep in ons gemeenskap Tania Coetzee

084 339 5064

Parkeerterrein op Stevenstraat erf (Wes)
Emmers van Hoop – Thembalethu Reik met Emmers van Hoop uit na die informele behuising van Thembalethu en bedien hul met ‘n Emmer van Hoop.  Voer gesprekke en bou verhoudings Jan Vrolijk

082 464 7871

Parkeerterrein op Stevenstraat erf (Oos)
Bediening aan Haweloses – op parkeerterrein by Ackermans vanaf

08:30 – 09:30

Ondersteun die projek waar Sop en die Woord aan haweloses gebring word.  Voer gesprekke en bedien met ‘n Pakkie van Hoop.  (Aangesien dié bediening tydens ‘n vaste tyd plaasvind skakel ons volledig by hul tydgleuf in en sal dit dus nie moontlik wees om ons erediens by te woon nie).  Kort boodskap om 8:15 – daarna bediening Andre Olivier

082 551 8900

Beweeg op eie tyd en met eie vervoer na die bedieningspunt by Ackermans in Meadestraat
Siekes Besoek siek persone op Gemeente Bulletin se lys Eie inisiatief
Kidstop Dié uitreik deur ons jongmense is reeds Vrydag gedoen en terugvoer sal tydens komende Sondag se erediens (net voor die ander uitreike) gegee word Suzette Luwes
90 jaar en ouer Kry name vooraf by Martie by Kerkkantoor Eie inisiatief
Tuiniqua aftreeoord Besoek en ondersteun inwoners en bedien hul met die liefde van die Here. Elsia Bester

083 227 2766

By bankies op grasperk (waar ons tee drink voor kombuis)
Algemeen Besoek, bemoedig en bid vir mense in hospitale; aftreeoorde; persone wat alleen is; bedroef is … soos die Here dit op jou hart druk Eie inisiatief

Die nodige inligting word nou reeds verskaf sodat jy vroegtydig kan besluit waar jy wil gaan dien.

Kontak gerus die koördineerder van die uitreikgroep indien jy meer inligting verlang – of ‘n finansiële bydrae

wil maak vir middele wat aangekoop moet word. Indien moontlik, help asb ook die betrokke dag met vervoer.

Jy hoef niks voor die tyd te reël nie – kom skakel net in en wees deel van God se beweging