So 17 Jun 2018 – Floreer deur die volheid van die Gees

Categories: Preke

Ds. Anton Louw. Teks: Esegiël 47. Tema: Floreer deur die volheid van die Gees.

Download

GESPREKSVRAE 17 JUNIE -PDF

GESPREKSVRAE 17 JUNIE -WORD

 

VRAE VIR KLEINGROEPE

17 JUNIE 2018

 

  1. VERHOUDING MET MEKAAR
  • Laat elkeen vertel hoe dit met hom/haar en sy gesin gaan.
  • Laat die wat vrymoedigheid het, vertel van ‘n “God-verhaal” wat die afgelope tyd met hom/haar gebeur het.  ‘n God-verhaal is ‘n ervaring waarin jy God op ‘n ander manier beter leer ken het.

 

  1. Ons het almal gebed nodig. Bid twee-twee vir mekaar nadat elkeen gesê het waarvoor die ander vir hom/haar kan bid.

 

  1. Lees Eseg 47:1-12 hardop in die groep – elkeen kry ‘n beurt om 2 verse te lees.
  • By watter vers het die Here God jou aangespreek en tot stilstand laat kom?
  • Hoekom dink jy wil die Here hierdie vers op jou hart druk vandag?
  • Wat wil God vir ons groep deur dié gedeelte sê?
  • Die tema vandag is – floreer deur die volheid van die Gees. Hoe verwys die gedeelte na die volheid van die Heilige Gees?
  • Om te floreer is om te blom.

Wanneer blom jy in jou lewe?

  • Water dui op lewe in die Bybel. Lees Joh 7:38-39.  Wat is hierdie stromende lewende water waarvan Jesus hier praat?

 

AFSLUITING:

Laat iemand afsluit met gebed.