WELKOM BY
George-Bergsig Gemeente
Image Credit: Esmari Jacobs
Ons nooi jou
Kinderkerk 08:30
Jeug 17:45-19:15
Kinderkerk: Kleuters & Kinders tot Gr. 7
Jeug: hoërskool/tieners
Jeug: hoërskool/tieners
God verander lewens
Hy stuur ons om Sy liefde te leef
GEBEURE
Bybelskool
Die Bergsig Bybelskool neem jou in die loop van drie jaar op 'n leesreis deur die hele Bybel. Dit kom neer op ongeveer 'n hoofstuk per dag.
Ons leraars bied van tyd tot tyd sessies aan oor elke boek. Teologiese insigte, interessante agtergrond-inligting en belangrike gegewens oor die konteks van elke boek word by hierdie sessies gedeel.
Sessies vind plaas op Donderdagaande om 18:00 met 'n herhaling op die Vrydagoggende om 10:00.
Die volgende sessies van die Bybelskool vind plaas op 11 & 12 Junie met die fokus op die boek Prediker.

Kom bid saam
Ons wil graag Jesus se belofte dat Hy self teenwoordig is waar twee of drie bymekaar is, getrou navolg.
Ons het verskeie gebedsgeleenthede waarby jy kan inskakel - by elke geleentheid in die Kapel:
Eerste Sondag van elke maand om 09:40 (met fokus op sending)
Dinsdae om 06:00 - mannebiduur
Donderdae om 11:30 - gemeente-biduur (met fokus op voorbidding vir siek lidmate en enigeen wat 'n geliefde aan die dood afgestaan het).
Aansoeke is oop!
Tieners en jong volwassenes wat 'n daadwerklike verskil in kinders se lewens wil maak, is welkom om in te skryf vir vanjaar se Stranddiens-uitreik.
Die uitreik vind op Heroldsbaai plaas vanaf 13 tot 22 Desember 2026. Die program bestaan uit kinderbediening en gemeenskapsuitreike in die omgewing.
Spanlede neem vanaf Augustus deel aan 'n voorbereidingsprogram by George-Bergsig Gemeente.