Gemeentebelydenis
God verander lewens. Hy stuur ons om Sy liefde te leef
Ons verhouding DIEPER met GOD deur aanbidding, gebed, dissipelskap & onderrig
Ons verhouding NADER aan MEKAAR deur gemeenskap en versorging
Ons verhouding WYER na die WÊRELD deur getuienis en barmhartigheid
Ons gemeente skep ruimtes waarin gelowiges binne hierdie drie verhoudings kan groei en daagliks God se wil vir Bergsig prakties kan uitleef. Ons is saam met die Here op reis om die visie ‘n konkrete realiteit te maak in ons gemeente.

Meer volledige inligting is hier beskikbaar: Inligtingspakket 2021 – PDF
Meer volledige inligting is hier beskikbaar: Inligtingspakket 2021 – PDF
Dieper Met God
Aanbidding

Twee verskillende eredienste, elk met ‘n unieke eiesoortigheid om vir elkeen se spiritualiteit voorsiening te maak, word aangebied in die kerk (indien inperking dit toelaat).
Aanlynbediening (Facebook, YouTube, Webblad, WhatsApp (079 136 8107).
Ons fokus hier op Gasvryheid, Sang & Musiek, Blomme, Multimedia, Tegnies, Offergawes opneem & Bediening van nagmaal.
– Ds. Douglas Stanley
Gebed
George-Bergsig Gemeente – ‘n Huis van Gebed Gebed is die hartklop van elke aktiwiteit in die gemeente. Enige persoon wat in ‘n verhouding met God leef, moet kan getuig van ‘n gebedslewe. Elkeen in die gemeente het die geleentheid om aan verskeie gemeente gebeds-geleenthede deel te neem:
- Gebedsbediening via WhatsApp – Gebedsgroep – Sake vir voorbidding en gebedsversoeke word op Maandae en Vrydae gedeel.
- Weeklikse Voorbidding (in Bulletin),
- Oggendgebedsgroepe,
- Bid saam voor eredienste,
- Jaarlikse gebedsweek,
- Sendinggebedsgids vir daaglikse gebed.
– Ds. Douglas Stanley

Toerusting

Geestelike groei is vir ons ‘n baie belangrike aspek van ons verhouding met God. Ons is ‘n gemeente wat saam met die Here op reis is en dit beteken dat ons aanhou groei in al ons verhoudings – met God, met mekaar en met die wêreld. Daar is baie maniere waarop hierdie groei plaasvind bv. ons eredienste, kleingroepe en uitreike.
Daar is ook spesifieke vorme van toerusting wat ons gemeente bied:
- Kursusse
- Huweliksreekse
- Ouerskapreekse
- Doopkategese
- Daaglikse boodskappe van bemoediging (WhatsApp groep)
– Ds. Rudolph Grobler
Nader Aan Mekaar
Saam Groei
Om die lidmate geestelik te versorg, op te bou en toe te rus om as ware gestuurdes, God se liefde binne en buite die gemeente te lééf.
Kleingroepe bediening Onderlinge gemeenskap, versorging en groei is vir ons gemeente baie belangrik. Ons glo dat elke lidmaat gawes ontvang het om mekaar te bedien en dat ons die meeste groei wanneer ons deel van ‘n kleingroep is. Dit is ook die plek waar ons die liefde van Christus en sy versorging prakties ervaar. Daar is ‘n verskeidenheid van groepe beskikbaar om die spesifieke behoefte wat elke persoon het, te bedien.
- Bybelstudiegroepe
- Dissipelskapgroepe
- Selgroepe
- Zoom groei-groepe
– Ds. Rudolph Grobler

Versorging

Vir pastorale hulp en versorging word lidmate soos volg verdeel:
Voorskool tot studente – ds. Douglas Stanley
Lidmate (vanne A tot L) – ds. Rudolph Grobler
Lidmate (vanne M tot Z) – ds. Nati Stander
Senior lidmate – Emeritus leraar ds. Anton Louw. Lidmate in aftree-oorde asook 70 jaar en ouer
Begeleiding van lidmate
- DivorceCare. Egskeidingsherstel wat onder-steuning en materiaal bied vir mense wat besig is om deur ‘n egskeiding te gaan of reeds geskei is.
- GriefShare. Hier word ondersteuning gebied en materiaal voorsien aan mense wat verlies hanteer en deur die rouproses gaan.h
Wyer Na Die Wereld
Getuienis
Ons gemeente wil op so ‘n wyse te dien, dat ons saam deel kan wees van die uitbou van God se Koninkryk in die wêreld. Ons visie is gebaseer op Handelinge 1:8, dit wil sê ons reik saam uit van Jerusalem (George) tot by die uithoeke van die wêreld, in die krag van die Heilige Gees.
Ons wil dit graag bereik deur: Sendelinge uit te stuur en te ondersteun d.m.v. projekspanne, Projekte en uitreikaksies – plaaslik en verder, Gebed, Finansiële ondersteuning van sendelinge, projekte en uitreik-aksies en Plaaslike uitreike.
Befondsing vir ons sendelinge/projekte vind plaas dmv die Sendingfonds en GeloofsGelofte-Offers (GGO’s)
- Sending / GGO Inligtingspakket: Sending info – PDF
- GGO vorm 2022: GGO 2022 vorm PDF / of jy kan ook via hierdie GOOGLE-FORMS- skakel jou GGO voltooi.
- Sendinggebedsgids: Sendinggebedsgids 2022 – PDF
– Ds. Nati Stander

Die gemeente, George Bergsig, is bevoorreg om reeds sowat 30 jaar met drie besonderse mense in die staat van Algerië (Noord Afrika) verbind te wees. Hulle is Amos, sy vrou Lynda en Mouazer, drie kragdadige bekeerde Christene wat nie net uit Islam bekeer het nie, maar ook ten volle vertroud is met die Moslems se gebruike en kultuur, al drie gebruikstale in Algerië vlot praat en les bes ook Algerynse burgerskap het met vrye toegang tot die land.
Hulle hartstogtelike liefde vir die Heer maak dat hulle, ten spyte van vervolging van die Christen kerk daar, onverpoosd voortgaan om op vindingryke maniere die goeie nuus aan soveel moontlik ongelowiges te bring.
Klik op die skakels om meer te lees oor hierdie merkwaardige manne en hul bediening onder Moslems:
3 – Algerië Nuusbrief 1 – 2022 PDF
Barmhartigheid

Die Diens van Barmhartigheid is gegrondves in God se genadige bemoeiing met die mens in nood en het ten doel
- Die vestiging en die uitbreiding van die Koninkryk van God deur in ons barmhartigheidsdiens konkrete gestalte te gee aan die karakter van die kerk as ‘n (diakonale) dienende gemeenskap.
- Die geestelike en maatskaplike versorging en opheffing van minderbevoorregte en behoeftiges.
- Om voorkomend mee te werk aan die skep van omstandighede en samelewingstrukture om die ontstaan van die nood sover moontlik uit te skakel.
- Met die gawes wat die Here aan ons gegee het, wil ons dienend in die gemeenskap ‘n verskil maak.
Binne hierdie raamwerk word die gemeente se aksies van barmhartigheid georganiseer en leiding geneem.
Jy word uitgenooi om by enige van die volgende plaaslike diensgeleenthede in te skakel:
- CREMHOG Hawelose bediening & SOPKOMBUIS Cremhog pamflet 2021-ENG PDF , Cremhog pamflet 2021-AFR PDF, Haweloseprojek donasies
- BADISA
- VGK rosemore kospakkies vir
- MÔRESON kinderhuis
- TUINIQUA Versorgingsentrum (bejaardesorg)
- ETHNOS bediening
– Ds. Nati Stander