CREMHOG- hawelose projek

Categories: Nuus

Cremhog beplan om huisvesting aan haweloses te verskaf, onderhewig aan Munisipale prosesse. Met hierdie projek word die dorp vry van haweloses gehou deur vir hulle veilige huisvesting te skep.

Hulle is afhanklik van donasies t.o.v klerasie, beddegoed, beddens, eetgerei, potte, panne en elektriese toestelle in goeie werkende toestand. Hul benodig ook tuingereedskap, groentesaad, materiaal en wol wat aangewend kan word om ‘n vaardigheid aan te leer en ‘n inkomste te genereer. Kontak asb vir André Olivier (082 551 8900) vir meer inligting.

Gebedsversoeke
1. Dank vir die positiewe impak van die Woord- en Sopbediening.
2. Bid dat die Here die Munisipale rolspelers se oë sal oopmaak vir die positiewe rol van die bediening en dat Andre Olivier ‘n spreekbeurt by George Munisipalitiet se Gemeenskapsdienste kan kry om die saak toe te lig vir
die beplande Sentrum.
3. Bid vir 7 vrywilligers om die sop op ‘n Donderdag om die beurt te verhit in die kerkkombuis. SOPKOMBUIS –
kontak asb Anna-Marie van Eck (082 378 4776)
4. Loopskoene nrs. 4-8, sokkies, truie en komberse word benodig veral vir (maer) mans asook ‘n paar vroue.

Bid asb vir Art 80 komiteelede vir oop harte  en gesindhede om te hoor wat Cremhog projek vir Haweloses en George kan doen.

Bid vir Raadslede – vir oop gemoed en gewilligheid om met Cremhog hande te vat. Bid asb vir die Here se change of hearts.

 

Sopkombuis

Cremhog

CREMHOC Broshure.PDF