Kersete vir haweloses

Categories: Nuus

Dit is alweer tyd vir die haweloses van George se Kersete in Bergsig se kerksaal 18 Des om 10:30. Vir 2 weke gedurende die Des vakansie is ons sopkombuis ook gesluit en ontvang haweloses op hierdie dag ook ‘n oorlewingskospakkie.

ITEMS NODIG VIR OORLEWINGSPAKKIE & KERSETE:
ITEMS: beskikbaar op afskeurstrokies by die onderskeie uitgange.
VOLLEDIGE OORLEWINGSPAK: voorbeeld op verhoog.
LAPSAKKE VIR PAKKIES: asb die grootte van Woolworths se inkopsiesakke – 38 cm hoog x 32/34 cm wyd.
KERSETE: kontant vir aankope, aartappels, rys, uie, gemaalde vleis (ons benodig 22 kg vir die ete) en bederfies.

Handig asb. alle items in by die kerkkantoor / plaas in houer by die hoofingang.
Merk dit asb duidelik ‘hawelose kersete’. Die sperdatum vir die inhandiging Do 30 Nov.

Ons benodig ook persone om te help met die voorbereiding, verwelkoming en bediening.

Skakelpersoon: Anna-Marie van Eck (082 378 4776).

Ons doen ‘n beroep op Bergsig – gemeente se welwillendheid t.o.v. hierdie sake. Enige skenking is welkom!

KERSTE 2018Terugvoer van CREMHOG Kerste 2019     

CREMHOG beplan om binnekort veilige huisvesting vir haweloses te skep. Die Woord- en Sop-bediening (6 dae/ week) maak ‘n groot impak. Vir meer inligting, kontak André Olivier (082 551 8900) .