Zonki–donkie kompetisie vir Sending Algerië

Categories: Nuus

Dankie aan elke KINDERKERK-kind wat deelgeneem het. Elkeen was ‘n wenner!!!

Baie dankie aan al die mammas en pappas en ander helpers wat met soveel entoesiasme hierdie poging ondersteun het! Onthou om steeds vir die sendelinge van die gemeente te bid.

HOEKOM ‘n DONKIE?
Dit was mos ‘n donkie wat die Here Jesus, voor Sy kruisiging in Jerusalem ingedra het, onthou jy? Net so dra ons sendelinge die goeie nuus van Jesus uit na mense wat nog nooit van Hom gehoor het nie.

WAT KAN EK BID?
Vir die sendelinge se veiligheid en gesondheid; vir geleenthede vir hulle om die goeie boodskap van Jesus te vertel; dat hulle nie moedeloos sal word nie en dat die Here vir hulle die vrugte van hulle harde werk sal wys. Waaraan kan jy nog dink om vir hulle en hulle kinders te bid?? (Kyk ook na die Wereldimpak gebedsgids)

 

HIE-HO…….HIE-HO!!!!!!! Vir verder inligting kan Jacques Naude by 083 630 9456 geskakel word.

 

Daar is nog van die glasies met donkie patroontjies beskikbaar by die kerkkantoor @ R30. Fondse t.b.v. Algerië Sending.

 

WENNERS:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

INSKRYWINGS: