Uitreik na ons gemeenskap 22 April

Ons  het saam as gemeente uitgereik na ons plaaslike gemeenskap. Lees gerus ons Bergsig Nuus vir terugvoer.     Plek / Aksie Wat gaan ons doen Koördineerder Bymekaarkom-plek by kerk Groenkloof siekeboeg Besoek en bemoedig die ouer mense – deel kaartjies en muffins uit.  Kontak Nora as jy kan help met voorbereidings. Nora de Wit…

CREMHOG- hawelose projek

Cremhog beplan om hul deure Junie/ Julie 2018 oop te maak. Cremhog beplan om gedurende die winter hul deure oop te maak onderhewig aan Munisipale prosesse. Met hierdie projek word die dorp vry van haweloses gehou deur vir hulle veilige huisvesting te skep. Getal persone wat gehuisves kan word 36 en 36 per fase vir…

HERNUWING VAN GGO’s

Jy het steeds ‘n geleentheid om jou Geloofsgelofte-offers te hernu – of om vir die eerste keer ‘n GGO te maak. Aantal kaartjies (response) reeds ontvang 88 Bedrag ontvang: R478 590 Het jy die Here al onvoorwaardelik vertrou vir iets wat jy weet die dieptepunt van sy wil verteenwoordig: die dra van die Goeie Nuus…

SENIOR TEE @ Redberry aarbeiplaas

Ons eerste Seniorlidmaat tee het plaasgevind by die Redberry aarbeiplaas op Dinsdag 13 Maart. Daar is heerlik gekuier en behoorlik gesmul aan hul skons met aarbeikonfyt- en room. Baie dankie aan Johan Ferreira en Martie van Staden vir die bespreking- en vervoerreëlings van hierdie uitstappie.

Teken-Kompetisie

Baie geluk aan die 3 dametjies met hul pragtige inkleurprente: Wenner: Liela Opperman Cheryse van Tonder   Katelyn Lourens Hier is meer inligting en prente om af te laai om in te kleur.  

SEEKOSete!

Vrydagaand 2 Maart het ons behoorlik gesmul ons aan heerlike disse soos Snoek-a-la-Anton Louw, Viskos-a-la-Jamie Oliver en Sjokolade-a-la-Nigella Lawson. Baie dankie aan die barista Ben en KRuST koffie vir die besonderse koffie-paring en proe.      

GROOT MiKiTi basaar 3 Maart 08:00

Wat ‘n heerlike kuier dag was dit nie! BAIE DANKIE! aan Lindie, al die konvenors, ons kerkkantoorpersoneel en lidmate vir julle harde werk en bydraes met die Basaar.  

Alpha

Die doel van die lewe is….. Waaroor gaan dit? Die Alpha Kursus is ‘n praktiese bekendstelling aan die Christelike geloof en gebaseer op “Die Soeke na Waarheid” deur Nicky Gumbel. Dit word reeds vir amper 30 jaar lank reg oor die wêreld aangebied. Die Alpha-kursus word vanaf 13 Feb tot 29 Mei op Dinsdagaande 18:30…

OOM KAROOLUS & LENTE

Sondag 28 Jan en Maandag 29 Jan het die gewilde paar Bergsig besoek. Soos elke jaar was die gehoor betower en oud en jonk het heerlik die ou, gewilde liedere saamgesing. Veral die voorskoolkinders het die optrede terdeë geniet. Loer gerus na al die foto’s en video’s hier onder:     OOM KAROOLUS EN LENTE…