STRANDDIENS 2018

Categories: Nuus

Ons is ‘n groep jongmense wat Jesus se liefde uitleef, deur verhoudigs te bou met vakansiegangers en omliggende inwoners van Heroldsbaai. Ons verkondig die evangelie deur sang,  dans, speel en dienste. Ons program sluit in ‘n oggendprogram met poppekas,  middagprogram met strandspele en verskeidenheid aandprogramme vir die hele gesin. Die stranddiens span doen ook elke dag ‘n uitreik aan Kidstop, Youth for Christ wat ‘n huis van veiligheid vir kinders is.

Stranddiens word elke jaar gehou tydens die Desember skole vakansie by Heroldsbaai. Die spanlede gaan tuis by die Heroldsbaai Jeugoord.

Hier is ‘n kort video: 🎬🎥 https://youtu.be/7StP7NJub5A

Volg ons gerus op FACEBOOK: https://www.facebook.com/Heroldsbaai-Stranddiens-281351922651849/

Hoe kan jy betrokke raak?

Letterlik enige donasie is welkom. Nie-bederfde produkte is welkom aangesien ons baie magies het om vol te hou.

Waterbottels/penne/enige praktiese bruikbare produkte sal ook waardeer word. Finansiele donasies word gebruik om na die span se behoeftes om te sien

Vir enige verdere inligting:  Kontak Kelly-Jane Arthur 072 765 3122 / kellyjanearthur7@gmail.com  ; Suzette Luwes 082 961 2004

 

BORGSKAPPE WORD DRINGEND BENODIG

Hul benodig asb ook die gemeente se ondersteuning met o.a. die volgende items:
Boks melk, Hot chocolate, Pasta (Spaghetti), Suiker, Tee, Koffie, Servette, Mayonaise, Tamatiesous, Chutney, Konfyt, Ready mix muffin pakkies (choclate, vanilla), Ready mix Flapjack pakkies, Peanut butter, Stroop, Skoonmaak middels (bv. opwasseep, Handy Andy), Toiletpapier, Hout, Blits, Lekkers en chips.

Kryte & potlode vir inkleur aktiwiteite met kinders.
Ons sal enige hulp waardeer. Vir meer info en hoeveelhede benodig, ens, kontak gerus vir
Kelly-Jane Arthur . 072 765 3122.

Enige kontant bydraes is ook baie welkom.
Vir elektroniese (EFT) betalings: ABSA: NGK George-Bergsig BKJA, Rek no: 890 591 086, Takkode: 632005. Verwysing: Stranddiens borg.

Dis ‘n voorreg om weer hierdie jaar uit te reik na Heroldsbaai 14 – 23 / 25 – 30 Desember.

Ons reik hierdie jaar weer uit na Heroldsbaai om op ‘n praktiese manier God se liefde te gaan uitleef aan vakansiegangers en elke mens wat oor ons pad kom. Ons kernwaardes is liefde, geloof, eenheid, vreugde en diensbaarheid – ons sal daarna streef om in alles wat ons doen hierdie waardes uit te leef.
Indien jy hierdie jaar deel wil wees van die Stranddiens span, voltooi asb. die onderstaande inligting en handig dit weer in voor die sluitingsdatum Ma 17 Sept. Tieners vanaf 15 jaar en studente is welkom om aansoek te doen.

Stranddiens (14-23/25-30 Desember 2018) se koste is R2000 pp. Ons het dus van hierdie jaar verblyf om te betaal wat nie vorige jare gevra is nie. Dit is splinternuwe fasiliteite en ons verstaan die implikasies hiervan. Ons gaan ook weer terug op die ou sisteem vir twee dele van stranddiens sodat lede dan op ou Kersaand en Kersdag by families kan wees. Vir die lede wat van vêr af kom, sal die geleentheid hê om by van die lede se families kersfees te hou. Die bedienig is meer effektief, omdat meeste vakansiegangers nog in Heroldsbaai is nadat ons gewoonlik gaan. Borgvorms is by Suzette Luwes (082 961 2004) beskikbaar. Aansoekvorms kan by enige leier aangevra word, per epos of gedruk. Ook beskikbaar by die kerkkantoor.
Aansoekvorms kan by die kerkkantoor of by die leiers ingehandig word.

Meer inligting en inskrywingsvorms kan hier afgelaai word: