STRANDDIENS 16-23 Des

Categories: Nuus

#stranddiensheroldsbaai

Ons is ‘n groep jongmense wat Jesus se liefde uitleef, deur verhoudigs te bou met vakansiegangers en omliggende inwoners van Heroldsbaai. Ons verkondig die evangelie deur sang,  dans, speel en dienste. Ons program sluit in ‘n oggendprogram met poppekas,  middagprogram met strandspele en verskeidenheid aandprogramme vir die hele gesin. Die stranddiens span doen ook elke dag ‘n uitreik aan Kidstop, Youth for Christ wat ‘n huis van veiligheid vir kinders is.

  

Stranddiens word elke jaar gehou tydens die Desember skole vakansie by Heroldsbaai. Die spanlede gaan tuis by die Heroldsbaai Jeugoord.

Hier is ‘n kort video: 🎬🎥 https://youtu.be/7StP7NJub5A

Volg ons gerus op FACEBOOK: https://www.facebook.com/Heroldsbaai-Stranddiens-281351922651849/

 

INSKRYWINGSVORMS STRANDDIENS 2019: Stranddiens Aansoekvorm 2019 PDF

Hoe kan jy betrokke raak?

WORD DEEL VAN DIE SPAN / LOGISTIEK:

Raak betrokke jeug stranddiens DRUK – PDF

Letterlik enige donasie is welkom. Nie-bederfde produkte is welkom aangesien ons baie magies het om vol te hou.

Waterbottels/penne/enige praktiese bruikbare produkte sal ook waardeer word. Finansiele donasies word gebruik om na die span se behoeftes om te sien.

BORGSKAPPE WORD DRINGEND BENODIG

Hul benodig asb ook die gemeente se ondersteuning met o.a. die volgende items:
Boks melk, Hot chocolate, Pasta (Spaghetti), Suiker, Tee, Koffie, Servette, Mayonaise, Tamatiesous, Chutney, Konfyt, Ready mix muffin pakkies (choclate, vanilla), Ready mix Flapjack pakkies, Peanut butter, Stroop, Skoonmaak middels (bv. opwasseep, Handy Andy), Toiletpapier, Hout, Blits, Lekkers en chips.

Kryte & potlode vir inkleur aktiwiteite met kinders. Ons sal enige hulp waardeer.

Enige kontant bydraes is ook baie welkom.
Vir elektroniese (EFT) betalings: ABSA: NGK George-Bergsig BKJA, Rek no: 890 591 086, Takkode: 632005. Verwysing: Stranddiens borg.

TERUGVOER: