Vrouedag-tee 9 Aug

Categories: Nuus

Die vroue van Bergsig het Vrouedag met fleur en vrolikheid gevier!

Ons tema vir die oggend was Mooi van binne & mooi van buite.

Daar is heerlik gekuier oor ‘n koppie tee en dekadente koeke; terwyl ons geluister het na sprekers wat uiters bekwaam is op hul gebied.

Christie Els (kliniese sielkundige) het met ons gesels oor Mooi van binne; terwyl die bekende grimeerkunstenaars Wilna Allpass
en Michelle Theron ‘n demonstrasie gedoen het: Mooi van buite.