Wonderlike Kerste vir seniorlidmate

Categories: Nuus

Wat ‘n geseënde geleentheid was die Kersete en afsluiting van ons seniorbediening!

Ons onthaalbediening het almal getrakteer met ‘n besonderse Kersete. Baie dankie aan Susan Loubser en haar onthaalbedieningspan vir jul diensbaarheid, ongelooflike harde werk en groot bederf met die Kersete asook al die funksies deur die jaar.

Dankie aan die koördineerder van die Sosiale bediening, Johan Ferrreira, vir die aktiwiteite en kuiergeleenthede in 2018.