Ds. Anton Louw: Emeritus leraar vir senior lidmate in aftree-oorde & 70 jaar en ouer.
083 286 3292,
VISIE
Om as seniors, Christus se liefde te leef deur saam geestelik te groei, te kuier en vir mekaar en vir die wêreld om te gee.
Die seniors en lidmate leef hulle visie uit deur die volgende drie bedieninge:
1. Geestelik
Hier gaan dit o.a. oor pastorale versorging, siekebesoek, trauma- en sterwensbegeleiding, erediens-bywoning, Bybelstudiegroepe, selgemeentes, wyksbyeenkomste asook weeklikse / maandelikse byeenkomste.
2. Omgee- en versorging
Die groep seniors wat hier bedien word, is mense wat moeilik beweeg. ‘n Baie groot deel van hierdie groep is mense wat glad nie meer kerk toe kan kom nie en wat geestelik en fisies tuis of in hulle onmiddellike omgewing bedien moet word.
Die bedieningsgroep stel hom ten doel om seker te maak dat seniors wat eensaam is (veral die wat alleen bly), besoek word. Dit is hier belangrik dat die “jonger” en aktiewe seniors sal omgee vir die gemeenskap.
3. Sosiaal
Hier gaan dit oor gesellige samesyn. Die bediening sal ook, afhangende van die belangstelling daarin, allerlei sosiale en ander aktiwiteite ondersoek en beplan. Dit sluit in daguitstappies, projekte reël, opleiding gee in areas soos rekenaars en selfoongebruik, ens.
Agv. die inperking vind geen geleenthede tans by die kerk plaas nie. Daar was elke kwartaal ‘n teedrink-geleentheid by die kerk en ‘n afsluitingsfunksie aan die einde van die jaar. Hou asb. die Bulletin dop vir geleenthede.