Ons eredienste is jou ruimte om gemaklik volgens jou unieke spiritualiteitstyl die HERE te aanbid en Sy Woord te hoor.
Informele diens met Kinderkerk:
Sondae om 08:30
Klassieke diens met orrelspel:
Sondae om 10:15
Indien jy uitstedig is, skakel gerus in op ons YouTube-kanaal waar opnames van die eredienste geplaas word.
Gebed is die hartklop van elke aktiwiteit in die gemeente.
Skakel in by enige van ons gebedsgeleenthede en -kanale.
WhatsApp gebedsgroep:
Eerste Sondag van elke maand: Wêreldfokus-biduur (in die Kapel na die informele diens)
Donderdae om 10:00 – gemeente-biduur in die Kapel
Sake vir voorbidding word op die Bulletin gelys. Stel gerus die kerkkantoor in kennis van enige gebedsversoeke wat jy wil opper.
Jou geestelike groei is die werk van die Heilige Gees. Ons wil jou graag daarin bystaan met die onderskeie groepe en bedieninge waarby jy kan inskakel.
Bybelskool
Kursusse
Huweliksreekse
Oase Ouerskap
Groeigroepe
Daaglikse boodskappe van bemoediging via WhatsApp:
Fisiese Adres
H/v Meyer- & Vierdestraat
Bergsig, George, 6530
E-pos
admin@george-bergsig.co.za
Sel / WhatsApp
079 136 8107
Kerkkantoor
044 871 1338