George-Bergsig Gemeente

DIEPER MET GOD

Ons verdiep ons verhouding met God deur aanbidding, gebed, dissipelskap en onderrig.

AANBID

Woon weeklikse eredienste in die kerkgebou by. Die eiesoortigheid van hierdie dienste maak voorsiening vir elkeen om sy spiritualiteit uit te leef.

Informele diens met kindertyd: 
Sondae om 08:30

Klassieke diens met orrelspel:
Sondae om 10:15

Met ons aanlyn bediening kan jy by ons aansluit, maak nie saak waar in die wêreld jy is nie:

BID

Gebed is die hartklop van elke aktiwiteit in die gemeente.

Sluit by ons aan vir enige van hierdie gemeente-gebedsgeleenthede:

WhatsApp gebedsgroep:

Weeklikse voorbidding
Oggend gebedsgroepe
Bid saam voor eredienste
Jaarlikse gebedsweek
Sending-gebedsgids vir daaglikse gebed

TOERUS

Geestelike groei is ‘n baie belangrike aspek van ons verhouding met God. Daar is baie maniere waarop hierdie groei plaasvind, soos ons eredienste, kleingroepe en uitreike, met die volgende spesifieke vorme van toerusting wat ons bied:

Bybelskool
Kursusse
Huweliksreekse
Ouerskapreekse
Doopkategese
Daaglikse boodskappe van bemoediging via WhatsApp: