George-Bergsig Gemeente
NADER AAN MEKAAR
Ons wil as ware gestuurdes God se liefde binne en buite ons gemeente lééf deur ons mede-lidmate geestelik te versorg, op te bou en toe te rus.
GROEI
Onderlinge gemeenskap, versorging en groei is vir ons gemeente baie belangrik. Ons glo dat elke lidmaat gawes ontvang het om mekaar te bedien en dat ons die meeste groei wanneer ons deel van ‘n kleingroep is. Sluit by ‘n groep aan wat jou spesifieke behoeftes bedien:
Bybelstudiegroepe
Dissipelskapgroepe
Selgroepe
VERSORG
Vir pastorale hulp en versorging, word Bergsig-lidmate as volg ingedeel:
Voorskoolse lidmate – studente (20 jaar) – Ds. Douglas Stanley
Lidmate met vanne van A tot L – Ds. Rudolph Grobler
Lidmate met vanne van M tot Z – Ds. Nati Stander
Senior lidmate
Lidmate 70 jaar en ouer, of in aftree-oorde – Emeritus leraar Ds. Anton Louw
Lidmate 70 jaar en ouer, of in Tuiniqua – Pastorale hulpleraar Ds. Adriaan van der Colf
Verdere versorging en begeleiding sluit in:
DivorceCare
Egskeidingsherstel wat ondersteuning en materiaal bied vir mense wat besig is om deur ‘n egskeiding te gaan of reeds geskei is.
GriefShare
Hier word ondersteuning gebied en materiaal voorsien aan mense wat verlies hanteer en deur ‘n rouproses gaan.