George-Bergsig Gemeente

NADER AAN MEKAAR

Die HERE gee ons aan mekaar vir bemoediging, versorging en aansporing.

GROEI

Ons glo dat elke lidmaat geseën is met gawes om mekaar te bedien en die Koninkryk van God uit te bou. Ons wil jou graag geleentheid bied om jou unieke gawes uit te leef. Vind gerus jou plek by een van die bedieninge van die gemeente.

Verwelkoming by eredienste

Tegniese hulp met klank en media

Deelname aan die musiekbediening

Aanbieding en begeleiding by die Kinderkerk

Blommerangskikking vir eredienste en funksies

Omgeebediening

 

 

VERSORG

Die Liggaam van Christus sorg onderling vir mekaar en dra mekaar se laste. 

Die leraars wil jou graag deur pastorale hulp en versorging help in krisistye en met die unieke lewensfase waar jy jou tans bevind. 

Lidmate met vanne van A tot L: Ds. Rudolph Grobler

Lidmate met vanne van M tot Z: Ds. Nati Stander

Kinders en jongmense: Ds. Douglas Stanley

Senior lidmate

Lidmate 70 jaar en ouer of in aftree-oorde word bedien deur ons emeritusleraars Ds. Adriaan van der Colf
en Ds. Enslin van Velden. 

 

GriefShare
Die verlies van ‘n geliefde is ‘n intense en traumatiese ervaring. Die Griefshare-kursus van 12 weke begelei jou in ‘n klein groep deur die verskeie stadiums van rousmart. Skakel Ds. Adriaan van der Colf vir besonderhede oor wanneer en waar hierdie kursus aangebied word.