WELKOM BY

George-Bergsig Gemeente

Image Credit: Esmari Jacobs

Ons nooi jou

Bediening van seniors

Kinderkerk 08:30
Jeug 17:45-19:15

Kinderkerk: Kleuters & Kinders tot Gr. 7
Jeug: hoërskool/tieners

God verander lewens

Hy stuur ons om Sy liefde te leef

GEBEURE

Is jou kind angstig?

Vele ouers is besorg oor hul kinders se angsvlakke.
Oase Ouerskap wil jou graag toerus en help om moed te skep.

Op Sondag, 20 September kom deel arbeidsterapeut Erina Mellet kosbare insigte oor wat ouers te doen staan.

Die geleentheid begin om 17:00 in die ouditorium en toegang is gratis.
'n Kinderoppasdiens is beskikbaar.

24 September

Bergsig Kinderkerk nooi jou na 'n heerlike STAP NA DIE KRUIS op Donderdag, 24 September 2026. Dit is die ideale manier om die skoolvakansie te begin so bring gerus jou kinders, nooi jou buurman en kom geniet die natuurskoon op ons drumpel.

Die groep sal om 7:45 vanaf Ground Zero fietspark in Camphersdrift vertrek. Die roete is ongeveer 2.5km (een rigting opdraand) en vereis 'n basiese fiksheid om dit gemaklik op en terug te voltooi. 'n Eie waterbottel en gemaklike tekkies word aanbeveel.

World Outreach


Ons is bevoorreg om binnekort besoek te ontvang van sendeling Annelize de Wet wat bedien onder vaandel van WORLD OUTREACH.

Sy kom besoek ons op Sondag, 27 September 2026.
Teken solank die geleentheid in jou dagboek aan.