VAKANTE POSISIE: PASTORALE HULP


Vakature vir Emeritusleraar

ONTMOET DIE

Bergsig-span

Ds. Rudolph Grobler

Leraar

Rudolph is sedert 2011 leraar by Bergsig Gemeente. Hy het sy voorgraadse studies by Kovsies voltooi en sy  meestersgraad in missionale teologie by Maties. Hy is baie gelukkig getroud met Sanet en hulle het twee kinders, Ruben en Elné. Hy en sy gesin geniet al die avonture wat die buitelewe in George bied. Sy bedieningspassie sluit in prediking, huweliksbediening en geestelike leierskap.

Ds. Nati Stander

Leraar

Nati en sy vrou Lindie het in Julie 2021 vanaf Witrivier na George verhuis met hul vier seuns, Hendrik, Christian, Paul en Dawid. 

Sy bedieninge by Bergsig fokus op Getuienis en Barmhartigheid. 

Bergsig is sy derde gemeente sedert hy twintig jaar gelede tot die bediening getree het. Hy het voorheen by Dalpark Gemeente en Witrivier Gemeente bedien. 

Ds. Douglas Stanley

Diensleraar - Jeug

Douglas kom oorspronklik van Riversdal en het sy opleiding in Jeugbediening op Wellington voltooi. Gedurende die 8 jaar wat hy op Somerset-Wes bedien ontmoet hy sy vrou, Ninke en verwerf hy ‘n Nagraadse Onderwyssertifikaat waarna hy as Afrikaans-onderwyser op George aangestel word. In 2019 verlaat hy die onderwys om tot die bediening terug te keer en word in 2021 as diensleraar by George-Bergsig bevestig. Hy en Ninke het twee dogters, Mia en Nina. Wanneer hy nie tuis is nie, sal jy hom dalk in die berge vind met sy draftekkies aan. 

Ds. Adriaan van der Colf

EMERITUSLERAAR - SENIORS

Adriaan is ‘n omgee-mens vir wie die lekkerste deel van die bediening is om met mense te kuier en hul stories te hoor.

Hy is sedert 2022 deel van die Bergsig-leraarspan nadat hy en sy vrou Teresa van Boksburg na George verhuis het. Hy het aanvanklik bedien as pastorale hulpleraar. Sedert Julie 2024 bedien hy voltyds ons senior lidmate met ‘n besondere fokus op pastorale versorging aan persone ouer as 70 jaar. 

 

Sonée Strydom

administratiewe beampte & ontvangs

Christa de Meyer

fasiliteitsbestuurder

Anja Louw

finansies

Melanie van der Merwe

finansiËle hulp

Donna van der Vyver

orrelis

Regina Magwa

kantoorhulp & skoonmaker

Simeon Moyo

terreinwerker

Alnord Nyirongo

terreinwerker