Dra By
Dankoffers & Betalings
Jy kan jou dankoffer by die kerkdeure in die wit bussie gooi
Betalings kan op vier maklike maniere gemaak word:
Geloofgelofte-offer (GGO) vir sending
Jou GGO kan per EFT / SnapScan / koevert betaal word. Dui dit asb aan as GGO.
EFT
NGK George-Bergsig, ABSA George, Tjekrekening, Rekeningnommer: 890 580 009, Takkode: 632005
Verwysing: Van & Waarvoor betaling gemaak word (bv. Van & Basaar, Van & Nis B58, Van & Rosyne) Indien jy meer as een item gelyk betaal, dui dit asseblief aan (bv. ‘n verdeling vir Dankoffer en GGO (Van & DO R200, GGO R200)
E-pos jou bewys van betaling na finans@george-bergsig.co.za
SnapScan
Klik hier om ‘n betaling vir kollekte, jou dankoffer, of GGO met SnapScan te maak, sonder om die App af te laai.
Image block here for the SnapScan QR code.
Koevertstelsel
Bruin koeverte is beskikbaar by die kerkdeure en kerkkantoor / jy kan enige koevert gebruik. Jy kan onder meer op die koevert afsonderlike toewysings aandui: Dankoffer (DO), Sending (GGO) & Barmhartigheid. Plaas jou koevert tydens Eredienste in die kollektebord / bussie, of handig dit by die kerkkantoor in. Geen tjeks word aanvaar nie. ‘n Kwotansie sal aan jou uitgereik word.
Kaart/ kontant by die kerkkantoor
Kaart fasiliteit is beskikbaar. ‘n Kwotansie word vir kontant betalings uitgereik. ‘n Houer is ook beskikbaar vir koevert betalings.