Chrysalis-Naweek
Die Chrysalis-naweek is ’n geleentheid om weer opnuut God te ontmoet; om dieper te groei in jou verhouding met Hom, nuwe asem te skep en stil te word aan Sy voete. Dit is ’n tyd om weg te breek van die alledaagse gejaag en ruimte te maak vir God se teenwoordigheid.
Die woord chrysalis verwys na die stadium in ’n vlinder se lewe waar dit vir ’n tyd lank stil raak binne ’n kokon. Aan die buitekant lyk dit asof daar min gebeur, maar binne-in vind daar ’n diepgaande verandering plaas. Wanneer die vlinder uiteindelik te voorskyn kom, is dit nuut, vry en gereed om te vlieg. Net so bied hierdie naweek ’n ruimte waar ons vir ’n oomblik kan stilword, waar God in ons lewens kan werk, herstel bring en ons opnuut kan vorm vir die pad vorentoe.
Ons beleef God elkeen op verskillende maniere. Party ervaar Hom in die stilte van die natuur, ander deur dieper in Sy Woord te delf. Sommige ontdek God se teenwoordigheid wanneer hulle dien in Sy Koninkryk, terwyl ander Hom beleef deur verskillende vorme van aanbidding. Die Chrysalis-naweek skep ’n veilige en verwelkomende ruimte vir elkeen om op sy of haar eie manier nader aan God te kom.
Gedurende die naweek word daar tyd gemaak vir stilte, aanbidding, gesprek en refleksie, ’n geleentheid om asem te skep, genesing te vind en weer God se stem duideliker te hoor.
Die pragtige terrein van Yellowwoods bied die ideale omgewing hiervoor. In die dag kyk jy uit oor die asemrowende Bottelierskop-natuur, en dalk sien jy selfs ’n dier of twee. Saans kan jy terugkeer na jou eie gemaklike kamer met ’n privaat badkamer en stort, ’n plek van rus en herstel.
Wanneer: 10–12 April 2026
Waar: Yellowwoods, Eksderde
Wie: Tieners en volwassenes
Kostes: R250
Inskrywings: https://hak7u3fd.forms.app/chrysalis-kamp-2025
Onthou om in te pak:
- Beddegoed (laken, duvet, kussing, kombers)
- Handdoek
- Eie eetgerei (bord, mes, vurk, lepel, beker)
- Bybel, notaboek & pen
- Stapskoene
Vir meer inligting, kontak gerus:
Ds. Nati Stander – 082 216 3710
Marené Pretorius – 076 303 9293