
Bergsig-gemeente het die wonderlike voorreg om jaarliks tydens die Junie–Julie-skoolvakansie uit te reik na die Msinga-gemeenskap in KZN.Hierdie uitreik maak elke keer ons oë oop vir God se hand, hoe Hy voorsien, nie net met fondse nie, maar ook met ’n ywerige span, van jonk tot oud.
Die uitreik word gelei deur Ds. Nati Stander en Marené Pretorius en het ten doel om die gemeenskap te bemagtig en die wonderlike nuus van Jesus te deel.
Die vreugde om te sien hoe die gemeente daar floreer en brand vir Jesus, is onbeskryflik. Tydens ons verblyf is daar selfs Veritas-groepe wat hulle kursusse voltooi, ’n duidelike teken dat God onophoudelik aan die gemeenskap bou.
Tog kan die uitreik nie plaasvind sonder elkeen wat gaan, gee, skenk en bid nie.
’n Ryk program, geseën deur God
Ons program bestaan uit:
-
- Kinderevangelisasie
-
- Huisbesoeke en evangelisasie
-
- Bouprojekte, soos die herstel van die kerk se dak en heining
-
- Ontwikkeling van onderwysers en ouers
Elke dag neem 50–70 kinders deel aan ons kinderbediening, waar hulle op ’n kreatiewe manier deur die Bybel reis. Hulle harte is oop en honger na God se Woord, en dit is kosbaar om te sien hoe hulle met lofliedere Jesus aanbid.
Die bouprojekte fokus daarop om die stormbeskadigde kerk se dakplate te vervang, die heining te herstel en nodige herstelwerk rondom die gebou, sowel as by Jabulani waar ons bly, te doen.
Ons is ook opgewonde om ’n ontwikkelingsprogram vir onderwysers en ouers van stapel te stuur, waar spanlede saam met die gemeenskap werk rondom die ontwikkeling van kinders.
Elke dag stuur ons ’n paar evangelisasiespanne uit, elk bestaande uit vyf spanlede en twee tolke. Hulle gebruik hulpmiddels soos die Evangecube, woordlose boekie en evangelisasiebandjies om Jesus se liefde te deel.
Ons deel Zoeloe- en Engelse Bybels uit, wat met vreugde en diepe dankbaarheid ontvang word.
2026 Inligting
Datums: 26 Junie tot 6 Julie
Koste: R1 350
Spanvergaderings: 3 Mei, 24 Mei, 7 Junie, 17 Junie en 25 Junie
Span: Gesinne, individue en hoërskooltieners is welkom.
Kontak gerus vir Marené by 076 303 9293 vir meer inligting.
Het jy vrae?
Click hier vir meer inligting
Raak betrokke


